top of page

Dankoffers

Dankoffers vir 'n kerk is noodsaaklik omdat dit die finansiële ondersteuning bied wat nodig is vir die voortgesette bediening en aktiwiteite van die kerk. Hierdie bydraes help om die koste van onderhoud, personeel, en aktiwiteite te dek. Ons nooi u uit om elektronies 'n dankoffer te maak deur die volgende skakel te besoek. Ons waardeer u ondersteuning en dank u hartlik vir u bydrae.

Deur die kode met u slimfoon te skandeer, word u direk na 'n elektroniese betalingsplatform geneem waar u 'n maandelikse of eenmalige bydrae kan maak deur u kredietkaart- of debietkaartinligting in te voer. Die betaling word direk aan die kerk se bankrekening gedoen, en u ontvang 'n kopie van die betalingsinstruksie per e-pos en SMS. Daar is 'n verwysingsveld beskikbaar om die doel van die betaling aan te dui, bv. Bazaar.

11111897_10532_EMANDATE_PROD_QR.jpg

- of- 

OOR ONS

Hier by NG Kerk Waverley Oos is ons ‘n familie wat aanmekaar gebind is deur ons liefde vir Jesus Christus en Sy Woord.  Ons streef daana om u en u gesin die beste te bied en saam met u die lewe aan te pak  (Efes 4:15 )

Ons geniet, benut en vier ons verskeidenheid.   Hier wil ons nie he almal moet min of meer dieselfde wees, dieselfde dink, en dieselfde voel nie.   Ons geniet verskeidenheid as deel van die uniekheid en andersheid waarmee God ons elkeen geskape het soos die liggaam van Christus wat uit verskillende ledemate bestaan en elkeen sy eie funksie verrig  maar wel  onder een Hoof  verenig is, ons Hoof Jesus Christus.    

Jy het ‘n plek hier!

ADRES

0123321951

 

Dickensonlaan 1402

0186 Waverley, Pretoria

 

​

KONTAK ONS

Dankie ! Ons sal u kontak !

  • YouTube

© 2024 by HARMONY. Edited by Louis van Zyl

bottom of page