
NG Waverley- Oos
​
DR. JJ Laas
Dr. Joekie Laas is predikant sedert 1990 en het Benoni en Olifantshoek bedien. Hy is nou reeds sedert Januarie 2000 by Waverley-Oos betrokke. Hy is getroud met Mari en hulle het twee kinders, Jurgens en Corli.
Sy stokperdjies sluit onder andere in fietsry. In die winter doen hy moeite om biltong in die hande te kry deur self te gaan kyk of dit nog iewers lewendig rondloop.
Hy glo aan ’n gebalanseerde lewenstyl, maar die kern van sy lewe is Christus self. Daar is so baie tekste en preke wat deur sy kop maal, maar Hebreërs 10:36 is vir Joekie baie spesiaal. Sy droom is dat Waverley-Oos sy visie in elke lidmaat se hart, verstand en hande gestalte kry. Waverley-Oos moet konstant in getalle en in geloofsdiepte groei.
​
Kontak:
​
Sel: 083-258-2668
​
e-pos: joekie@ngwaverleyoos.co.za
